Niklaas Van Rensburg: Die Siener
Niklaas van Rensburg, die Siener, fassineer die Afrikanergemeenskap vir reeds meer as 'n eeu. Hierdie swygsame, halfdroewe man met die o« wat so ver kon sien, was met die gawe van profesie, maar ook met 'n wonderlike liefde vir sy naaste en vir sy volk gese«n. Die Siener se visioene word in besonderhede weergegee, asook die tyd en die omstandighede waaronder hy dit ontvang het. Die ryk oes aan fotomateriaal - waarvan sommige nog nooit gepubliseer is nie - maak van hierdie boek die volledigste wat daar n³g oor die Siener verskyn het en bied 'n insiggewende beeld van 'n merkwaardige mens wat 'n groot invloed op sy tydgenote en nakomelinge uitgeoefen het.