Japtrap-braai (Afrikaans Edition)
Die braai is sonder twyfel di© gunsteling-tydverdryf vir die meeste Suid-Afrikaners. Enige geleentheid €“ van geesbou tot €n belangrike rugby-, sokker-, of krieketwedstryde, tot verjaardae en langnaweke, of net €n blaaskans n¡ €n uitputtende week €“ het nie €n tweede uitnodiging nodig om familie en vriende vir €n braai bymekaar te kry nie. As dit boonop moeiteloos, met die smaaklikste kos kan gebeur, is dit eenvoudig perfek.
Hilary Biler maak die voorbereiding van kos tydens €n braai so eenvoudig moontlik. Sy gebruik toeganklike, eenvoudige resepte geskik vir drie soorte braaie €“ die Weber Q-gasbraai, die Weber-ketelbraai en die ingeboude houtskool/hout-braai. Die gasbraai is die maklikste om te bemeester. Al die inligting wat jy benodig, word in maklike, stap-vir-stap-instruksies weergegee.
Daar is meer as 100 resepte om van te kies en te keur €“ beesvleis, lamsvleis, varkvleis, hoender, vis, wildsvleis, vegetariese disse, slaaie en nageregte, elkeen met foto€s om jou eetlus aan te wakker. Al wat jy benodig, is jou voorskoot en €n braaitang €¦