Die Ratel (Afrikaans Edition)
Mia de Wet se sieners-talent het haar nog altyd in warm water gedompel. As 'n gekwalifiseerde sielkundige, het menige speurdienste haar hulp verlang met sake wat byna onoplosbaar voorgekom het. Sy word in hierdie verhaal deur die Suid Afrikaanse Intelligensie Buro versoek om 'n reeksmoordenaar op te spoor, maar sal sy ooit lewend uit hierdie intense ondersoek ontsnap?
Die man wat talle jong meisies vermoor het, is egter nie haar enigste probleem nie; daar is ook die geval van die mol in die Buro. Die Ratel is 'n gevaarlike opponent en boonop 'n vertroueling van die Russiese Mafia, wat natuurlik tot enige uiterstes sal gaan om hulle saketransaksies in Suid-Afrika geheim te hou. Mia sal al die bystand van haar vriende in die Buro benodig om hierdie onmoontlike omstandighede te omseil.
Die Ratel is 'n verhaal van moord en onthulling, maar ook van verbode liefde, passie en aanvaarding.