Buys: 'n Grensroman (Afrikaans Edition)
Type
Price
Date
Current Price
Out Of Stock
2023-02-20
Highest Price
$14.99
2022-08-22
Lowest Price
$14.99
2022-08-22

Buys: 'n Grensroman (Afrikaans Edition)

Coenraad de Buys is die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wreld-uit. Vanaf die Langkloof swerf die legendariese Buys deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Buys is trekboer, grootwildjagter, Khula die Grote, Koning van die Basters, sewevoet-rampokker, veelwywer en pes van die owerheid. Oral verwek hy kinders; oral sluit rowers en weglopers by hom aan €“ €n ganske Buysvolk. Hy steel vee en vroue, smokkel gewere, sweep grensboere op teen die VOC en al wat Empire is; hy tolk tussen Nederlander en Xhosa en praat deurgaans net sy eie woorde. En oral op sy drosterpad is daar die honde, altyd die honde en die af-oor gedierte wat Buys se jeukvoete op die pad gesit het. Op Buys se spoor, in sy kop, om sy kampvuur draai die kwylende bekke rond. Buys is €n roman oor grense en oor grond. Dit vertel waar ons vandaan kom.

  • TitleBuys: ’n Grensroman (Afrikaans Edition)
  • ManufacturerKwela
  • BindingKindle Edition
  • ProductGroupDigital Ebook Purchas
  • ReleaseDate2014-10-20T00:00:00.000Z
  • FormatKindle eBook