Blombos Requiem (Afrikaans Edition)
Dis die einde van die jaar en Maritza van Graan het nie 'n skoolhoupos vir volgende jaar nie. Daarom is sy dankbaar dat die aantreklike Kevin Taylor haar vertel van 'n pos by Blombos Privaatskool, aan die voet van die Magaliesberge. Die skakelhuis waarvan sy en haar seun een helfte gebruik, en Kevin die ander helfte, het 'n nare geskiedenis...
Blombos Requiem is ook 'n liefdesverhaal. Dis in dieselfde genre as Clarissa Clairvoyant, Rosevrou en Medisyneman met 'n spannings ondertoon.